+27736824221  

Kies die regte oewer om by te hengel
Author: Glibert Foxcroft



Soveel sosiale hengelaars eindig in die verkeerde hengel areas op en wil dan later weet waarom hulle nie so suksesvol is soos die volgende hengelaar nie.  Hierdie reeks artikels gaan op ‘n sistematiese wyse poog om die speelveld meer gelyk te maak sodat jy ook die nodige resultate langs die oewer kan behaal.  Kom lees saam en kyk of ons metodes jou sal help om die meeste uit jou hengel geleenthede te put.

 

As jy vir die eerste keer langs ‘n hengel oewer staan, dan lyk dit somtyds tog te mooi en kies jy ewe gedwee altyd die gerieflikste stukkie oewer om by te hengel, sonder dat jy weet wat onder die water aangaan.  Sonder om te weet wat onder aan die gang is moet jy kyk na die kontoere om die oewer self, asook enige punte, sloepe, boom plantasies, riete, walle of inlope.  Hierdie “struktuur” gee somtyds ‘n paar geheime weg en dis juis hierdie geheime wat ontgin behoort te word.

 

STYL HENGEL OEWERS

Dit is baie belangrik om hier te onthou dat jy nie ver uit hoef te hengel nie aangesien jy gewoonlik redelike diep water baie naby aan die kant sal he.  Kort afstand hengel is vir my seker die mees bevredigenste aangesien die vis soveel harder baklei en gewoonlik met ‘n finominale vaart weg trek.  Dit is dus ook veel makliker om jou area te voer en om strikke vir die vis te stel.

PUNTE

Punte verklik gewoonlik die teenwoordigheid van wisselende kontoere onder die water, soos “gullies” of sloepe wat baie goeie teiken areas kan wees.  Hier sal ‘n dominerende wind gewoonlik die vis in die sloep in lei asook kos items deponeer wat gevolglik patrollie roetes vir Karp kan maak.  Punte gee die hengelaar dus ook baie meer opsies vir teiken gebiede as byvoorbeeld ‘n reguit oewer.

 

SLOEPE

Groot sloepe het die geneigdheid om vlakkerige water aan te dui waar klein, lang of smal sloepe veel dieper water sal aandui.  Hierdie klein sloepe hou nie gewoonlik residensiele vis nie, maar sal van tyd tot tyd groot rondloper visse huisves.  Die “margins” is hier wonderlike teiken gebiede, veral op groter waters.  Groot sloepe kan vir langer periodes Karp huisves, maar die presiese teiken areas sal gewoonlik die interseksie areas wees tussen harde en sagte bodems (wat later in hierdie reeks behandel sal word).

BOOM PLANTASIES

Boom plantasies op die oewer, met aanduidings dat bome onder die water sou wees, huisves feitlik altyd ‘n populasie Karp en gewoonlik ook die ou heel grotes.  Hier is die posisionering van jou kampie baie belangrik, want jy wil nie paralel aan so ‘n struktuur hengel nie, maar wel direk voor dit.  Karp (alle grotes) ken hulle omgewing baie goed en jy sal baie gou agter kom hoe min vis jy sal land indien jy paralel aan so ‘n struktuur sou hengel.

RIETE

Groot bosse riete in die water trek my soos ‘n magneet.  Ek het telling verloor van die hoeveelhede vis wat ek oor die jare voor en binne-in rietbosse gevang het.  ‘n Tydjie gelede het ek en Loutjie Louwies gaan Baars hengel op Hartebeespoort Dam en eerstehands gesien hoeveel Karp binne in sulke riet bosse skuil en kos soek, terwyl al wat hengelaar die diep water uitgesoek het.  Ek hoef nie hier uit te brei en te noem dat ons nie een hengelaar gesien het met ‘n buig in die stok nie. Teiken veral riete wat in redelike diep water staan.  Dit is juis hulle wat die groot verrassings op lewer.

WALLE

Styl walle (klei of modder) dui gewoonlik aan op diep water baie naby aan die kant, met ‘n prominente “drop” nie ver van die kant af nie.  Hierdie areas kan baie keer daardie een ou grote oplewer, maar het al vele kere doesyne vis oor ‘n naweek beteken.  Die beste metode hier is om paralel aan die oewer te hengel en ook nie te naby daaraan nie.  Stilte is hier sonder twyfel die wagwoord.

INLOPE

Inlope lewer gewoonlik baie goeie vangste op, veral in die lente, vroeg somer, begin herfs en diep in die winter.  Die “margin” areas naby asook aan die oorkant van die dam is goeie teiken gebiede, maar moet nooit die kante van die rivier bodem afskryf nie. 

 

VISUELE STRUKTUUR

Visuele struktuur moet nooit geignoreer word nie en kan enige iets van rotse, droe bome, riete in die middel van nerens, eilande of pilare wees.  Weereens is dit belangrik om nie reg langs hierdie strukture te hengel nie, aangesien jy baie maklik jou vis, jou lyn en jou ego kwyt kan wees.

Dit is gevolglik baie belangrik om nie alleen te kamp in ons ou landjie nie, want net soos in die stad is ons groot teikens daar in die bos en moet ons maar ook die sekuriteit opskerp.  Die posisionering van jou hengel area moet dus noukeurig gekies word sodat jy nie onverhoeds betrap kan word nie. 

Die bogenoemde teiken areas klink vreeslik idillies en ek weet dat daar vele damme in ons land is wat nie noodwendig aan enige van hierdie vereistes voldoen nie, maar dit is dus soveel meer belangrik om tyd langs die water deur te bring en noukeurig al die opsies te bekyk en dan jou keuse te maak.  Die lekkerste plek lewer nie die beste vangste op nie, so gaan stap langs die oewer en vereenselwig jou van al die moontlikhede, iewers sal daar iets wees wat anders is as langs die res van die oewer, hoe klein ook al.  Van artikel 3 af sal alles wat ek in hierdie uitgawe bespreek het duideliker word, so gee ons die geleentheid om die legkaart vir jou aan mekaar te slaan. 

Ek vertrou dat hierdie artikel jou ‘n idee sou gee om die regte tipe oewer vir jou hengel uitstappie te kies.  Volgende maand kyk ons na die beste moontlike uileg vir jou hengel kampie, sodat jou kampie nie so maklik in ‘n affermatiewe inkopie sentrum verander kan word nie.

Stywe Lyne

Gilbert  Foxcroft




Visitors also viewed the following:

 
1. A-Z of fishing - Bait Combinations 2740
Author: Hein Henning    Date Published: 09 December 2019

2. A-Z of fishing - The Carp 2478
Author: Hein Henning    Date Published: 09 December 2019

3. A-Z of fishing - Traces / Baits 1530
Author: Hein Henning    Date Published: 09 December 2019

4. Ontleding van jou hengelarea met behulp van 'n Terrein Merker 1358
Author: Gilbert Foxcroft    Date Published: 14 January 2020



Article Index  Back to Top

© Copyright FishingPages 2024. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of FishingPages.